Waterkloof-twee: Korrupte tronkbewaarders dalk binnekort aangekeer

'n Skermskoot uit die video wat deur Rapport op Youtube gelaai is.

‘n Skermskoot uit die video wat deur Rapport op Youtube gelaai is.

Die departement van korrektiewe dienste het Maandag gesê hulle ondersoek is byna afgehandel om die verdagte beamptes vas te trek wat glo twee van die sogenaamde Waterkloof-vier gehelp het om ʼn selpartytjie by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria te hou.

Christoff Becker en Frikkie du Preez het glo ‘n partytjie waartydens hulle na bewering alkohol gedrink het, in hul tronksel gehou, kort voordat hulle op parool vrygelaat is. Die partytjie is op ʼn selfoon afgeneem en beeldmateriaal daarvan is op YouTube gelaai. Bekker en Du Preez is op 16 Februarie, vier dae nadat hulle op parool vrygelaat is, weer in hegtenis geneem oor die aangeleentheid.

Gevangenes word nie toegelaat om alkohol of selfone in die tronk te gebruik nie. Die departement ondersoek die voorval sedert die twee weer in hegtenis geneem is.

Die departement het Woensdag gesê Du Preez en Becker sal in aanhouding bly totdat die paroolraad ʼn besluit geneem het. Sibusiso Ndebele, minister van korrektiewe dienste, het Woensdag gewaarsku dat “anargie” nie by korrektiewe sentra geduld sal word nie. “Enige beampte of oortreder wat hieraan skuldig bevind word, sal vervolg word,” het Ndebele gesê.

Intussen het Becker en Du Preez Vrydag voor die paroolraad verskyn, hangende ʼn hersiening van hul parool. ʼn Besluit oor hul lot sal voor Vrydag gemaak word.

Lees ook:
Waterkloof-2 voor paroolraad
Waterkloof-2 moet nog sit
Waterkloof-bewaarders gewaarsku
Facebook aan die gons oor twee van Waterkloof-4 wat weer agter tralies sit
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk
Video: Waterkloof-4 op parool vrygelaat
Waterkloof-4 vrygelaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kobus ·

Die ondersoekie neem lank. Hoe moeilik kan dit nou wees om die verdagte beamptes in die tronk te gooi.

boerevolk ·

Die twee Moordenaars kan mos se wie is die korrupte beamptes. Die 2 moordenaars maak die DKD uit as n sirkus. GEEN PAROOL vir die 2 wat alles as n grap opvat nie. Watter versekering is daar met hierdie optrede van hulle dat hulle nie weer gaan moor nie. Hulle is nie naastenby gerehabiliteer nie. Hulle is arrogant en verdien waar hulle nou tans is. Die gemeenskap buite is veiliger met hulle in die tronk.

Slim Daan ·

En ek omdat ek slimmer is – verskil.
Watter geloofwaardigheid kan geheg word aan twee robbies wat ” left right en centre ” mense uitwys om hul eie strafgevolge te wil omseil ? Hul sal hul eie moeder inkrimineer as dit moet.
Andersyds is dit ENIGE persoon se reg op n billike verloop vd strafproses. As dinge in ons strafregstelsel maar net n uitwysing werdig is, is howe en aanklaers immers oorbodig.

Eugenie ·

Enige beampte wat homself skuldig maak deur omkoopgeld te ontvang, moet summier afgedank word. Identifseer hulle, en handel die saak af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.