‘Waterkloof-vier’ vandag vry mans

Gert van Schalkwyk (links) en Reinach Tiedt (regs) Foto: SAPA

Gert van Schalkwyk (links) en Reinach Tiedt (regs) Foto: SAPA

Die sogenaamde Waterkloof-vier gaan vandag as vry mans by die tronk uitstap.

Christoff Becker. Foto: SAPA

Christoff Becker. Foto: SAPA

Christoff Becker, Reinach Tiedt, Gert van Schalkwyk en Frikkie du Preez is in Januarie 2007 in die Pretoriase landdroshof elk tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle in 2001 ʼn hawelose man in ʼn parkie in Pretoria vermoor het. Hulle het in Augustus 2008 hulle vonnisse begin uitdien. Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het vroeër gesê die vier mans het hulle goed gedra en dat hulle ʼn interne program voltooi het. “Ons het baie streng paroolvoorwaardes en enige afwyking van die voorwaardes kan daartoe lei dat hulle parool teruggetrek word.”

Frikkie du Preez. Foto: SAPA

Frikkie du Preez. Foto: SAPA

Tiedt en Van Schalkwyk is in Desember 2011 op korrektiewe toesig vrygelaat. Hulle is egter in September verlede jaar weer tronk toe gestuur nadat ʼn hof bevind het die omskakeling van hulle vonnisse moes nie gebeur het nie. Tiedt en Van Schalkwyk word in die Zonderwater-gevangenis naby Cullinan aangehou.

Becker en Du Preez word by die Pretoria-Sentraal-gevangenis aangehou.

Lees ook:
Waterkloof-2 moet vandag terug tronk toe
Waterkloof-2 moet terug tronk toe
Twee van Waterkloof-4 gaan appelleer
Twee van Waterkloof-vier moet terug tronk toe
Minister: ‘Waterkloof twee kan nie teruggaan tronk toe nie’
Paroolraad geskors oor vrylating van twee van Waterkloof-vier
Hof verwerp appélaansoek oor twee van “Waterkloof-vier”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

GawieM ·

Goeie nuus. Waarom word Clive Derby-Lewis nie ook vrygelaat nie? Die lewe is so onregverdig.

Marcel ·

Ek weet nie wat die goeie nuus is nie, in my oë is hul moordenaars en moet so behandel word nie asof hulle volkshelde is nie.

Slim Daan ·

Hene Helene,
Vier uitgevrete lummels SKOP n hawe- en weerlose man dood en dien skaars helfte van hul opgelegde vonnis uit en jy vind dit ” baie, baie goeie nuus “?
Verstout my om te vermoed jy’s die tipe moeder wat gestalte gee aan hierdie tipe ” voorbeeldige ” seun[s] ?

Hettie Lotz ·

Marcel dit is vier jong mans wat hulle vonnis uitgedien het hulle goed gedra het en is nie slegte jong manne nie. Daar is baie regte moordenaars en geharde misdadigers wat nie sal skroom om n vrou of jong meise se keel aftesny wat buite rondloop nie. Ons is ook nie geskape op te oordeel nie dit kom God en God alleen toe. Wees dankbaar saam met die ouers as om hulle moordenaars te noem.

Slim Daan ·

Korreksie : Skaars helfte van hul vonnisse uitgedien. En wat is n ” regte ” moordenaar nogal ? ( Nooit geweet daar bestaan iets soos n ” semi ” moordenaar nie. )
Jul moedertjies moet jul sterre dank dat hierdie ” gevleuelde ” seuns nie een van jul dogters die afgelope 6-jaar die hof gemaak het nie. Hul rammetjie-uit-nek en arrogante houding van destyds herinner aan n opkomende Oscar Pistorius van toet.

Slim Daan ·

n ” Regte ” moordenaar ?? Tsk tsk. Sal ons strafreg nou moet begin onderskei tussen n ” onegte – / semi – moordenaar ook ?
Neem aan jy’t kennis geneem van die dame wat net ” half ” verwagtend was ? Wat opval is dat hierdie manne waarna jy verwys geen sweem van spyt ten toon stel nie. Eerder asof die rooi matte van Hollywood vir hul uitgerol word. Hul houding self getuig van sterstatus en hoogwaan.

Slim Daan ·

” Regte moordenaars ” ??? Wys dan asb. vir my hoe lyk n ” onegte ” moordenaar ! As jou logika en woordgebruik water hou……is my sussie dan seker ook maar ” half ” verwagtend ?

Antjie ·

Dankie Hettie, dis presies wat ek ook sê! Mense is baie gou om vinger te wys. Hierdie manne is gestraf en het hulle vonnis uitgedien – gee hulle ‘n kans! Ek wens hulle alles van die beste toe

Bekkie ·

Ek oordeel nie maar hoe kan hulle hulle straf klaar uitgedien het. As hulle verantwoordlik was vir iemand se dood!

Onregverdig ·

Ja nee ek weet ook nie hoe kan hul straf uitgedien wees nie. As dit nou ‘n anders kleurige was dan sou die kommentare heel anders gelyk het. ‘n Moordenaar bly ‘n moordenaar, in ander lande sou hul die doodstraf gekry het, hier sit hul net ‘n paar jaar en dan word hul vrygelaat.
Hul hoort nie op straat nie, maak nie saak hoe goed hulle hulself gedra het nie, hul het iemand se lewe geneem, wat gee hulle die reg op ‘n tweede kans. Daai persoon sal nooit ‘n tweede kans kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.