Waterkloof-vier vrygelaat

Die sogenaamde Waterkloof-vier

Die sogenaamde Waterkloof-vier. Foto: eNCA

Die sogenaamde Waterkloof-vier is Dinsdag onder streng paroolvoorwaardes vrygelaat.

“Hulle moet gereeld by die Kgosi Mampuru-korrektiewe kantoor in Pretoria aanmeld, ” het Manelisi Wolela, woordvoerder van korrektiewe dienste, in ‘n verklaring gesê.

Die vier is vrygelaat nadat hulle hul paroolvoorwaardes in Pretoria ontvang en onderteken het. Hul vonnisse sal in 2019 verval. Nie een van die vier wou met die media praat nie.

Reinach Tiedt, Gert van Schalkwyk, Christoff Becker, and Frikkie du Preez was deel van 64 misdadigers wat op parool vrygelaat is.
Die vier is in Januarie 2007 in die Pretoriase landdroshof elk tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle in 2001 ʼn hawelose man in ʼn parkie in Pretoria vermoor het. Hulle het in Augustus 2008 hulle vonnisse begin uitdien.

Lees ook:
‘Waterkloof-vier’ vandag vry mans
Waterkloof-2 moet vandag terug tronk toe
Waterkloof-2 moet terug tronk toe
Twee van Waterkloof-4 gaan appelleer
Twee van Waterkloof-vier moet terug tronk toe
Minister: ‘Waterkloof twee kan nie teruggaan tronk toe nie’
Paroolraad geskors oor vrylating van twee van Waterkloof-vier
Hof verwerp appélaansoek oor twee van “Waterkloof-vier”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eben ·

Sterkte manne …. julle het julle straf gevat,hoewel moeilik aan die begin maar dis verby. Maak n sukses van dit wat voorlê in julle lewens.

Chris van Wyk ·

Dit lyk of hulle vrylating n helde veering is. Hulle bly misdadigers wat n hulpelose man doodgemaak het. Onverskoonbaar dat n mens kan besluit om iemand anders dood te maak. Ander het net soveel reg soos die misdadiger.

elize ·

ek wil net vir Eben se n mens is bly hulle is uit.hulle het hulle straf gedra.wat van die moordenaars wat net 19jaar v 2 moored kry.
stem nie saam met jou mening nie.n mens is n mens

Willem ·

Chris van Wyk is jy God? Slegs God mag oordeel. Hulle het ‘n besonderse duur prys betaal vir ‘n sinnelose daad wat hulle gepleeg het. Dit wat hulle gedoen het keer ek nie goed nie maar ek gee hulle nou kans om na God te draai en hulle lewens totaal en al te verander. Hulle sal nooit ooit weer uit die media se oe wees nie. SO al wat ek wil sê is sterkte manne. Werk nou aan julle nuwe lewens.

Petro Doman ·

Almal verdien ‘n tweede kans en as die regstelsel dit aanbied, dan is hulle definitief daarop geregtig. Maar mens sal wil sien dat hulle werklik verander het en nie net aangaan waar hulle opgehou het nie – veral van hulle se arrogante houding!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.