Watertoevoer in Pretoria herstel

Die watertoevoer na groot dele van Pretoria wat vroeër die week afgesny is, is herstel.

Volgens ʼn woordvoerder van die stad, Dikeledi Phiri, is die water omstreeks 15:00 weer aangeskakel nadat die nodige herstelwerk gedoen is. ʼn Groot deel van Pretoria, insluitend Sinoville, Annlin, Dorandia, Pretoria-Noord, Wonderboom en dele langs die R101 is geraak deur die voorval. Die watertoevoer is skynbaar onderbreek nadat ʼn waterpyp van 600mm in deursnee Dinsdag beskadig is tydens konstruksiewerk by die nuwe wateropgaartenk.

35 huise in die omgewing van Van der Schyff- en Elizabeth-straat in Wonderboom het waterskade opgedoen nadat die pyp beskadig is. Phiri sê eise sal ingevolge die stadsraad se kontrak met die kontrakteur en dié se versekering hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petra Smit ·

Ons huis is in Van der Schyffstraat. Daar het ‘n massa water en modder deur die huis gespoel. Voor in en agter uit. Die brandweermanne het ons heining stukkend gekap om die massa water deur te laat.
Die ergste van alles was al die nuuskieriges wat na die afloop van die water, net ingekom het om die petalje gade te slaan. My handsak en skootrekenaar het net voete gekry.
Gelukkig is ons lede van die Gemeenskaps Polisie Forum en die lede het ongelooflik baie bystand gebied.
In ‘n japtrap was die brandweer en ander nooddienste op die ramptoneel. Die lede het gereël vir slaapplek, kos en droë klere. Hulle het 24uur patrollie gery om die huise wat onder die water en modder was te beveilig.
Die kontrakteurs wat die waterskemaprojek hanteer, het dadelik hul mense in plek gestel om te help waar hulp nodig was. Daar was ook soveel ander mense wat kom hulp aanbied het.
Hoe se ‘n mens dankie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.