Watertoevoer in Mothutlung herstel

Argieffoto

Argieffoto

Watertoevoer na sommige gedeeltes van Mothutlung naby Brits in Noordwes is herstel.

“Ons sal steeds met die plaaslike en distriksmunisipaliteite saamwerk om te verseker dat die pompe, wat herstel is, nie verdere probleme veroorsaak nie,” het Edna Molewa, minister van waterwese en omgewingsake, Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Drie mense is die afgelope week in Mothutlung dood tydens gewelddadige betogings nadat al drie waterpompe gebreek het.

Molewa sê daar word ook vordering gemaak om watervoorsiening in Brits te herstel. “Een nuwe pomp is tot dusver geïnstalleer en die toevoer van die waterwerke is nou tot sowat 60% van die normale toevoer na die opgaardamme herstel.”

“ʼn Tegniese span van my departement ondersteun die Madibeng-munisipaliteit om die res van die pompinfrastruktuur so gou as moontlik te herstel,” het Molewa bygevoeg.

Watertoevoer behoort Vrydag ten volle herstel te wees.

Magalies Water het intussen met tenkers water vir die inwoners aangery.

Lees ook:
Brits-betoging: 14 in die hof
Brits-betoging eis nog ‘n lewe
Regering en Malema beloof hulp aan Brits-inwoners
Minister versoek rustigheid in Brits
Ondersoek na twee sterf tydens betoging oor water

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.