Webtuiste oor mislukte besnydenisse kry groen lig

CaptureDie Rolprent-en-Publikasieraad (FPB) het beslis dat ʼn webtuiste wat uiters eksplisiete foto’s publiseer van tradisionele besnydenisse wat skeefgeloop het, die reg het om dit te doen, berig City Press.

Die FPB het beslis dat die webtuiste ww.ulwaluko.co.za, wat deur die Nederlandse dokter Dingeman Rijken bestuur word, ʼn “bona fide wetenskaplike publikasie van groot opvoedkundige waarde” is. Die FPB het wel beslis dat die webtuiste ʼn ouderdomsperk van 13 jaar oud moet stel. Die webtuiste wys foto’s van verminkte, misvormde en besmette geslagdele van jong mans wat se besnydenisse skeefgeloop het. Die Gemeenskapsontwikkelingstigting van Suid-Afrika (Codefsa) het aanvanklik ʼn klag by die FPB gelê en beweer dat die foto’s pornografies van aard is en inbreuk maak op dokter-pasiënt vertroulikheid. Rijken beweer egter dat hy toestemming gekry het om die foto’s te publiseer. Rijken werk sedert Maart 2012 in die Holy Cross-hospitaal in Falstaff in die Oos-Kaap. Rijken sê hy was geskok oor wat hy gesien het rakende besnydenisse wat skeefgeloop het en dat hy besluit het om die sluier te lig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.