Weddenskappe oor of Oscar skuldig is of nie

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Aanlyn-dobbelwebtuiste in Ierland gaan weddenskappe aan oor of Oscar Pistorius skuldig bevind gaan word op aanklag van moord.

Die Paddy Power-webtuiste neem weddenskappe van 2-5 vir ʼn onskuldigbevinding en 7-4 vir ʼn skuldigbevinding. Die weddenskapblad lees: “Enkels alleenlik. Geldig vir die uitspraak van Oscar Pistorius se eerste verhoor op aanklagte van moord met voorbedagte rade. Weddenskappe ongeldig indien klag van ‘moord met voorbedagte rade’ verander voor die uitspraak. Weddenskappe ongeldig indien verhoor nietig verklaar word.” Volgens die webtuiste sal daar nie weddenskappe van Suid-Afrikaners af aanvaar word nie. Die webtuiste beweer dit is Ierland se grootste, suksesvolste, veiligheidsbewuste en innoverendste beroepswedder. Paddy Power is na bewering die derde grootste aanlyn beroepswedder en die sesde grootste aanlyn-dobbelbesigheid in Brittanje en Ierland.

Pistorius word aangekla van die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie verlede jaar. Sy moordverhoor begin op 3 Maart in die hooggeregshof in Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.