Weduwee eis van polisie ná moord op man

Marietjie du Toit by haar seun Deon. Foto: LookLocal/Middelburg Observer

Die weduwee van Jan du Toit (68), wat in September in Middelburg vermoor is, eis miljoen rande van die polisie.

LookLocal Middelburg berig dat Marietjie du Toit (65) vroeër die week ʼn eis van R2,5 miljoen teen die minister van veiligheid, die nasionale polisiekommissaris en die bevelvoerder van die eMalahleni-polisiestasie ingedien het. Du Toit voer aan dat Thabang Mohlala, die man wat verdink word van die moord op haar man, voortvlugtend was vir ʼn ander moord in die Witbank-omgewing. Du Toit se dogter Estelle Prinsloo werk vir ʼn regsfirma en sal die regsaksie namens die familie lei. Dut Toit eis onder meer weens nalatigheid van die polisie en verlies aan inkomste. “Ons weet tans nie hoe en waar Mohlala die polisie op die eerste moordklag ontglip het nie, maar as gevolg hiervan, is my pa vandag nie hier nie,” het Estelle gesê. Mohlala is intussen steeds op vrye voet. Jan du Toit is dood nadat hy met ʼn mes in die nek gesteek is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amelia ·

Hoog tyd dat hierdie korrupte & nalatige polisie & regering geslaan word waar dit seermaak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.