Weerburo: Vyf provinsies moet voorbereid wees op swaar weer

Foto: Suid-Afrikaanse Weerburo

Die Suid-Afrikaanse Weerburo het Donderdagmiddag waarskuwings vir swaar weer in vyf van die land se provinsies uitgereik.

Die Oos-Kaap moet regmaak vir swaar neerslae, baie koue weersomstandighede en die moontlikheid van sneeu.

Limpopo en Gauteng kan erge donderstorms verwag. Sterk winde en hael word in Pretoria en Centurion verwag.

In KwaZulu-Natal kan swaar neerslae en kouer weersomstandighede verwag word.

Mpumalanga moet regmaak vir baie kouer weersomstandighede, swaar neerslae en erge donderstorms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.