Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Dinsdag ʼn waarskuwing vir swaar reënval oor Gauteng en dele van KwaZulu-Natal uitgereik.
Swaar reënval word regoor Gauteng voorspel. Die weerdiens het ook ʼn waarskuwing uitgereik vir blitsvloede in die suidelike deel van die provinsie. In KwaZulu-Natal kan swaar reënval oor die noordelike dele van die provinsie verwag word.
Groot gedeeltes in Mpumalanga en Limpopo kan ook gereedmaak vir swaar reënval.
Johan Pieterse, ʼn woordvoerder van die Tshwane-nooddienste in Pretoria, het aan Maroela Media gesê motoriste moet laagwaterbrûe en paaie wat oorspoel het vermy.
Die reen is welkom, maar ek kry nie tyd vir grassny nou bang ek die leeus