Weerdiens waarsku oor swaar reënval en vloede

Vloedwater by die  laagwaterbrug in Rabiestraat in Centurion. Foto: @metro_brian / Twitter

Vloedwater by die laagwaterbrug in Rabiestraat in Centurion. Foto: @metro_brian / Twitter

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Dinsdag ʼn waarskuwing vir swaar reënval oor Gauteng en dele van KwaZulu-Natal uitgereik.

Swaar reënval word regoor Gauteng voorspel. Die weerdiens het ook ʼn waarskuwing uitgereik vir blitsvloede in die suidelike deel van die provinsie. In KwaZulu-Natal kan swaar reënval oor die noordelike dele van die provinsie verwag word.

Groot gedeeltes in Mpumalanga en Limpopo kan ook gereedmaak vir swaar reënval.

Johan Pieterse, ʼn woordvoerder van die Tshwane-nooddienste in Pretoria, het aan Maroela Media gesê motoriste moet laagwaterbrûe en paaie wat oorspoel het vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Albert ·

Die reen is welkom, maar ek kry nie tyd vir grassny nou bang ek die leeus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.