Weerdiens waarsku teen swaar haelneerval

Jean-Pierre en Henro Bruwer ná vandag se haelstorm in Secunda.

Jean-Pierre en Henro Bruwer ná vandag se haelstorm in Secunda.

Die weerdiens van Suid-Afrika het Maandagmiddag ʼn waarskuwing aan inwoners van Gauteng uitgereik om ‘n erge storm met swaar haelneerval te wagte te wees.

Die waarskuwing se tydperk strek van 15:00 tot 23:00.

Intussen het Secunda in Mpumalanga, wat op 7 Oktober ook deur ʼn erge storm getref is, vroeër vandag onder ʼn erge haelstorm deurgeloop.

Die vorige storm het onder andere ʼn skool se dak afgewaai en verskeie inwoners van eMbalenhle, ʼn nabygeleë informele nedersetting, dakloos gelaat.

Annelie Schra, ʼn onderwyser op die dorp, het aan Maroela Media gesê baie voertuie het haelskade opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.