ʼn Hewige donderstorm het glo gelei tot die vrektes van 22 beeste op ʼn plaas naby Middelburg, Mpumalanga.
LookLocal Middelburg berig dat die voorval verlede week op Gerrie Gerrits se plaas Rietfontein plaasgevind het. “Die Here toets ’n mens…” is al wat Gerrits kon sê nadat hy van die gebeure verneem het. 18 koeie, twee bulle en twee kalfies is glo deur die weerlig doodgeslaan. Volgens Gerrits kan die skade meer as R400 000 beloop. Talle veeartse ondersoek die vrektes.
Lees meer hier.