Altesaam 29 beeste is dood nadat weerlig hulle op die plaas Booyzynkraal, tussen Groblersdal en eMalahleni (Witbank) doodgeslaan het.
Beeld het Woensdag berig Titia van Deventer, die plaas se eienaar, sê die plaaswerkers het agtergekom dat baie van die Bonsmara-beeste vermis was ná ʼn hewige storm verlede week.
“Ons het daarna 29 karkasse aan die bokant van ʼn berg gekry,” het sy gesê. “Hulle het in groep onder twee bome gestaan tydens die storm. Dit is baie hartseer om te sien en mense moet bewus gemaak word van die gevare van weerlig,” het sy gesê.
– Sapa