Weerlig slaan Limpopo-man dood

ʼn Man is Woensdagmiddag naby Witpoort in Limpopo deur die weerlig doodgeslaan.

Die 35-jarige man en twee ander het omstreeks 15:00 tydens die storm onder ʼn boom geskuil toe hulle getref is, het kolonel Peter Matseakgang, woordvoerder van die polisie, gesê. Die twee oorlewendes het geringe beserings opgedoen. ʼn Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.