Weerlig slaan man in JHB dood

weerligʼn Man is dood en twee beseer nadat hulle Maandagmiddag in Johannesburg deur ʼn weerligstraal getref is.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die voorval in Robinsonsweg in Mayfair plaasgevind. “Die mans het in die straat geloop toe hulle deur ʼn weerligstraal getref is. Toe paramedici by die toneel opgedaag het, was een man reeds dood. Een was in ʼn kritieke toestand en ʼn derde man het matige beserings opgedoen,” het Steinmann gesê.

Die twee pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

justi ·

O jinne! Arme mense! Nee wat ek hol weg vir swaar weer of gaan in naaste gebou in.

Amy ·

Sjoe, dis erg, maar sommige van ons (ek inkluis) moet maar loop waar ek wil wees, en al reën dit, wag die buste en treine nie vir jou nie. So, al val die reën ook hoe hard, ons het ‘n bus om te haal. Na ‘n sekere tyd is daar nie meer een bus of trein nie, en dan… Hoe kom ek by die huis???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.