ʼn 17-jarige seun is dood en ʼn 16-jarige meisie ernstig beseer nadat hulle Maandag deur weerlig in die Oos-Kaap getref is.
Lt.kol. Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder, sê die voorval het in Msintsane naby Mthatha plaasgevind. “Die kinders was besig om na hul huis toe te stap toe ʼn erge donderstorm oor hulle toegesak het. ʼn Weerligstraal het hulle getref. Die seun is op slag dood en die meisie is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem. Sy het erge brandwonde opgedoen,” het Fatyela gesê.