Weerlig slaan tieners dood

Drie tieners is Woensdag dood nadat hulle deur weerlig in KwaZulu-Natal getref is.

Lennox Mabaso, woordvoerder van die provinsiale departement van samewerkende regering, sê twee van die tieners was 13 en die ander was 14 jaar oud. “Die tieners was op pad huis toe van ʼn plaaslike snoepwinkel in KwaChezu af, toe die weerlig hulle getref het. Hulle is op slag dood,” het Mabaso gesê.

Tien mense is die afgelope paar weke deur weerlig in die provinsie doodgeslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.