Weerlig slaan twee skoliere dood

Argieffoto

Twee leerlinge van Durban in KwaZulu-Natal is Maandagaand tydens ‘n donderstorm deur weerlig doodgeslaan.

Die leerlinge, onderskeidelik in graad 12 en graad 4 is glo verwant aan mekaar, het Vernon Mchunu, woordvoerder van die departement van samewerkende regering, gesê. “Ons is jammer om van die voorval te hore te kom,” het Nomusa Dube, LUR vir dié departement gesê en haar medelye met die gesin betoon.

Volgens Mchunu is daar nou reeds agt mense weens swaar weer dood sedert die somer begin het. Een persoon is twee weke gelede deur weerlig doodgeslaan en drie mense het in Nquthu verdrink en twee mense het verlede week in Hluhluwe verdrink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.