Die leerlinge, onderskeidelik in graad 12 en graad 4 is glo verwant aan mekaar, het Vernon Mchunu, woordvoerder van die departement van samewerkende regering, gesê. “Ons is jammer om van die voorval te hore te kom,” het Nomusa Dube, LUR vir dié departement gesê en haar medelye met die gesin betoon.
Volgens Mchunu is daar nou reeds agt mense weens swaar weer dood sedert die somer begin het. Een persoon is twee weke gelede deur weerlig doodgeslaan en drie mense het in Nquthu verdrink en twee mense het verlede week in Hluhluwe verdrink.