Weerlig tref motorfietsryer

weerligʼn 34-jarige motorfietsryer is Woensdag op die pad tussen Kroonstad en Welkom in die Vrystaat deur ʼn weerligstraal getref.

Christo Venter, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê paramedici, wat in die omgewing was, het die man langs die pad aangetref en besef iets is fout. “Hulle het stilgehou en die man het vir hulle gesê hy is deur ʼn weerligstraal getref,” het Venter gesê.

Die man het brandwonde en ander beserings opgedoen en is met ʼn ambulans na die Medi-Clinic in Welkom geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.