Weerlig tref vrou in PMB

weerligʼn Vrou is beseer nadat ʼn weerligstraal haar Donderdagaand in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal getref het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die voorval het om streeks 21:00 in Portlandweg plaasgevind. “Die vrou het buite ʼn nywerheidsgebied gestaan toe ʼn weerligstraal die grond naby aan haar getref het,” het Botha gesê.

Volgens Botha het sy matige beserings opgedoen. Sy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.