Weerlig vorm glo berge

Die amfiteater by die Drakensberge

Die amfiteater by die Drakensberge

Die Universiteit van die Witwatersrand het Dinsdag gesê weerlig speel ʼn groot rol in die vorming van berglandskappe in Suider-Afrika.

ʼn Studie deur Jasper Knight en Stefan Grab van die departement van geografie, argeologie en omgewingstudies, het vir die eerste keer bewys dat weerlig verantwoordelik is vir sommige hoekige rotsformasies in die Drakensberge. ʼn Kompas is gebruik om rotse, wat ʼn sterk magnetiese veld het, uit te ken. “Indien jy ʼn kompas oor ʼn gebied hou waar weerlig geslaan het, sal die naald skielik 360 grade in die rondte draai,” het Knight in ʼn verklaring gesê.

Hy sê die Drakensberge is volop rotse wat magnetiese minerale bevat. “Die energie van weerlig wat die grond se oppervlak tref kan die rots gedeeltelik laat smelt en wanneer die rots weer afkoel, neem dit die magnetiese afbeelding van vandag se magnetiese veld aan.”

Die navorsers het ʼn verspreiding van weerlig in die Drakensberge op ʼn kaart aangedui. “Ons het bevind dat weerlig die evolusie van berglandskappe noemenswaardig beheer, aangesien dit help om die pieke met dié plofeffek te vorm.”

Daar is vroeër geglo dat hoekige rotse deur temperatuurveranderings veroorsaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Weerlig vorm berge en Shabir Shaik is terminaal siek. Wat nog ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.