Weerlig wis gesin uit

Vier mense is Dinsdag dood nadat hulle deur weerlig getref is naby Soetwater, Pietermaritzburg.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê ʼn pa en ma het hulle kinders oor ʼn veld gedra gedurende ʼn storm. “Paramedici het op die toneel aangekom en gevind dat die pa, ma, ʼn ses maande oue babameisie en ʼn 3-jarige seuntjie ernstige brandwonde opgedoen het nadat hulle deur weerlig getref is.” Botha sê hulle is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.