Weermag dalk ingeroep in stryd teen renosterstropery

Foto: www.rhinoconservation.org

Die Suid-Afrikaanse nasionale weermag kan moontlik ingeroep word in die stryd teen renosterstropery in Noordwes.

Thandi Modise, premier van Noordwes, het gister die aankondiging gemaak in die reaksie op ʼn voorval die naweek waar sewe renosters vir hul horings doodgemaak is by Klipkopspruit naby Rustenburg. “Die wreedheid en brutaliteit teen die renoster, as ʼn simbool van ons ekologie en ryk erfenis, het te ver gegaan. Die onlangse voorvalle vereis vir buitengewone maatreëls om ons toerisme en biodiversiteit te beskerm.” Die Valke het Maandag bevestig dat nog ʼn renoster oor die naweek gestroop is maar kon nie onmiddellik verdere besonderhede bekendmaak nie. Nagenoeg 558 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak. In 2011 is 448 renosters gestroop en is 2010 is 333 renosters vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.