Weermag het toe glo toestemming gegee vir Gupta-landing

Foto: www.planespotters.net

Die Mail&Guardian berig dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wel toestemming gegee het dat die Gupta-familie se vliegtuig by die Waterkloof-lugmagbasis mag land.

Die Mail&Guardian sê hy is in besit van dokumente wat wys dat die weermag wel toestemming gegee het vir die landing op grond daarvan dat die vliegtuig “regeringsministers” van Indië vervoer het. Drie weermaglede is geskors na afloop van die voorval. Volgens die berig het dié weermaglede se seniors wel van die vlug geweet. Die weermag het vroeër ontken dat hy toestemming gegee het vir die landing. ʼn Herrie het losgebars nadat die Gupta-familie se privaatstraler by die Waterkloof-lugmagbasis geland het en die gaste na Sun City vervoer is vir ʼn bruilof.

BRON: M&G

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

wat verwag julle. ht by hulle president geleer. jaag aan en lieg om jo eie gat te reg. dis wettig om dit te dun as jy vir di goverment werk.

PIET ·

Wat meer kan jy van `n rietkapper verwag as hy sy smoel oop maak, dan lieg hy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.