Weermag moet opdok na roof met hulle wapen

Die hoogste hof van appèl het beslis dat die minister van verdediging aanspreeklik gehou kan word nadat ʼn man van Groblersdal in 2003 tydens ʼn rooftog nege keer geskiet is met ʼn outomatiese geweer wat deur die weermag uitgereik is.

Beeld berig dat die Suid-Afrikaanse nasionale weermag Leon von Beneke moet vergoed vir die beserings wat hy tydens die rooftog opgedoen het. Von Beneke was vir maande in die hoësorgeenheid en loop steeds moeilik. Die geweer en ammunisie is stuk stuk deur Jacob Motaung, ʼn voormalige werknemer by die Infanteriebasis in Middelburg, gesteel en aan Vusi Mahlangu gegee met die wete dat Mahlangu beplan het om gewapende rooftogte daarmee uit te voer. Vyf appèlregters het eenparig bevind dat die weermag ʼn konstitusionele verantwoordelikheid het om die land se burgers te beskerm. Von Beneke kan nou voortgaan om sy eis om skadevergoeding teen die minister.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JCS ·

Dis skandelik en skrikwekkend…hoeveel sulke wapens word nie al in omloop gebruik in die uitvoering van misdade en rooftogte nie ??

H J Bester ·

En wanneer die Weermag eenof ander tyd die eis moet ontmoet, sal dit hoogs waarkynlik sonder slag of stoot uitbetaal word – dis mos in ieder geval Belastingbetalers gelde waaroor daar nie ‘n oog geknip word nie. Dit word andersyds in en elk geval by die miljoene gesteel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.