Weermag moet opdok ná rooftog

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is beveel om ʼn tussentydse betaling van R1,89 miljoen aan ʼn sakeman van Bronkhorstspruit te maak nadat hy beseer is tydens ʼn gewapende rooftog in 2003.

Die hooggeregshof in Pretoria het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, beveel om Leon Benecke, sakeman en voormalige kolonel in die weermag, die tussentydse bedrag te betaal totdat die totale bedrag vasgestel kan word. Von Benecke is tydens die rooftog nege keer met ʼn R4-aanvalsgeweer geskiet. Die geweer en ammunisie is stuk vir stuk deur Jacob Motaung, ʼn voormalige werknemer by die Infanteriebasis in Middelburg, gesteel en aan Vusi Mahlangu gegee met die wete dat Mahlangu beplan het om ‘n gewapende rooftogte daarmee uit te voer. Die hoogste hof van appèl het beslis dat die minister van verdediging aanspreeklik gehou kan word aangesien die geweer van die weermag gesteel is. Von Benecke was vir maande in die hoësorgeenheid en loop steeds moeilik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.