Weermag ontken soldate is eers deur SAR-troepe aangeval

Argieffoto van Suid-Afrikaanse soldate. Foto: GCIS/SAPA

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Woensdag berigte ontken dat SA-soldate eers deur Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR)-soldate aangeval is.

Brig.gen. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, het Woensdag gesê die SANW distansieer hulself van sulke bewerings in hierdie stadium.

The Times het Woensdag berig SAR-regeringstroepe, wat in opstand teen hul president Francois Bozizé is, het eerste op SA-soldate geskiet, en nie die rebelle nie.

Volgens die koerant het verslae Dinsdag na vore gekom dat die SAR-soldate ʼn sorgvuldig beplande aanval uitgevoer het. Lees meer hier.

Maroela Media het vroeër berig 13 SA-soldate is in ‘n skermutseling met rebelle in die SAR doodgeskiet. Hul liggame het Dinsdagaand in Suid-Afrika aangekom. Die oorledenes se name is intussen ook bekendgemaak.

Lees ook:
Gevalle soldate se liggame terug by die huis
Gevalle SAR-soldate se name bekendgemaak
Nuuskommentaar: Wat soek SA-soldate daar?
‘Soldate in SAR moet terugkeer na SA’
President sê 13 soldate is dood
VN spreek kommer uit oor SAR
SA soldate dood, gewond in geweld in SAR

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.