Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Woensdag berigte ontken dat SA-soldate eers deur Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR)-soldate aangeval is.
Brig.gen. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, het Woensdag gesê die SANW distansieer hulself van sulke bewerings in hierdie stadium.
The Times het Woensdag berig SAR-regeringstroepe, wat in opstand teen hul president Francois Bozizé is, het eerste op SA-soldate geskiet, en nie die rebelle nie.
Volgens die koerant het verslae Dinsdag na vore gekom dat die SAR-soldate ʼn sorgvuldig beplande aanval uitgevoer het. Lees meer hier.
Maroela Media het vroeër berig 13 SA-soldate is in ‘n skermutseling met rebelle in die SAR doodgeskiet. Hul liggame het Dinsdagaand in Suid-Afrika aangekom. Die oorledenes se name is intussen ook bekendgemaak.
Lees ook:
Gevalle soldate se liggame terug by die huis
Gevalle SAR-soldate se name bekendgemaak
Nuuskommentaar: Wat soek SA-soldate daar?
‘Soldate in SAR moet terugkeer na SA’
President sê 13 soldate is dood
VN spreek kommer uit oor SAR
SA soldate dood, gewond in geweld in SAR