Weermag vat vliegtuig wat glo lugruim skend

Foto: www.iol.co.za

Die weermag het op ʼn burgerlike vliegtuig beslag gelê by die Waterkloof-lugmag basis nadat dit glo die lugvaartwette oortree het.

Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die weermag, sê die vliegtuig se drie insittendes is Dinsdagaand in hegtenis geneem en na die Lyttelton-polisiestasie geneem vir ondervraging. Die vliegtuig het glo die lugruim by die lugmagbasis geskend. “Die vliegtuig is deur ʼn Oostenryker gevlieg en hy het aangedui dat hy ʼn leerlingvlieënier is wat besig is met sy nagvlug-opleiding tussen Grand Central-lughawe en Lanseria-lughawe.” Dlamini sê die vlieënier beweer hy het gedisoriënteer geraak en dat hy weens duiseligheid van koers afgewyk het. Dlamini sê die vliegtuig is in Suid-Afrika geregistreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Meneer ·

Nogal snaaks. Nie te lank gelede nie het ‘n massiewe vliegtuig met ongeveer 200 passasiers ook die lugruim geskend, maar hulle maak so ‘n groot bohaai oor ‘n klein vliegtuig met 3 insittendes….

Nico ·

Ek dink die verskil is dat die vorige keer skatryk Indiers was, maar hierdie keer blanke Europeers.

Gawie Botha ·

,,,,,,wys jou net,,,,,,nou die dag was niemand op diens nie,helikopters,vragvliegtuie,,,,wys jou net hoe maklik kan Suid Afrika oor gevat word,as jy hulle net “double-pay” gee vir die dag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.