Weermaglid skiet vriendin, self

ʼn Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het glo sy vriendin doodgeskiet voor hy probeer selfmoord pleeg het.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Mzukisi Fatyela, sê die voorval het Sondag in Tsolo in die oos-Kaap plaasgevind. Sy sê die 27-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Sy 27-jarige vriendin is op die toneel dood. Fatyela sê daar is beslag gelê op die man se dienspistool en hy is onder polisiebewaking in die hospitaal. Sy sê die oorsaak van die skietery is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.