Weerwaarskuwings in Amerika uitgereik

Orkaan Sandy wat die ooskus van Amerika na verwagting binnekort sal tref

Die ondergrondse trein in New York, bus- en treindienste word van Sondagaand af opgeskort ter voorbereiding van orkaan Sandy.

Volgens weervoorspellers, sal Sandy, wat moontlik die grootste storm gaan wees wat Amerika sal tref, na verwagting die ooskus tref, berig EWN. Ander groot stede wat ook sterk winde en vloede kan verwag sluit Washington, Baltimore en Boston in. “Nou is die tyd om aksie te neem,” het Andrew Cuomo, goewerneur van New York gesê. “In hierdie tipe situasie wil jy nie paniekerig raak nie, maar jy wil voorbereid wees, en doen wat nodig is.”

65 mense is reeds weens die storm in die Karibiese Eilande dood. 51 van dié gevalle het in Haiti plaasgevind waar 370 000 mense steeds in noodskuilings bly na ‘n katastrofiese aardbewing in 2010. Hawaii het Sondagmiddag ‘n bietjie verligting beleef toe die Tsunami-waarskuwing afgeskaal is. Die waarskuwing is uitgereik ná ‘n aardbewing van 7.7 in westelike Kanada Sondagoggend verwag is. Die waarskuwing is nou verlaag na ‘n raadgewende vlak en ontruimingswaarskuwings is teruggetrek. Meer as 80 000 mense is na die binneland gehaas weens sterk golwe wat aanvanklik verwag is. “Dit is nie ‘n presiese wetenskap nie,” het Peter Carlisle, burgemeester, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.