Wees ´n barmhartige samaritaan gedurende die Covid-19-krisis

(Foto: Helpende Hand.)

Talle welsyn- en liefdadigheidsorganisasies kan jou tyd en geld gebruik om seker te maak dat die kwesbaarste mense in Suid-Afrika tydens die Covid-19-pandemie steeds versorg word.

Plaaslik en nasionale niewinsgewende organisasies sukkel tans om in die behoeftes van mens én dier te voorsien. Die uitbreking van Covid-19 maak nie net mense siek nie; dit beteken ook dat skole, waar kinders dikwels toegang tot ʼn gebalanseerde maaltyd gehad het, nou gesluit is. Talle Suid-Afrikaners is ook hul werk kwyt nadat ondernemings hul deure met die algehele afsondering toegemaak het.

Volgens dié organisasies is daar ʼn toenemende vraag na hulp en heelwat van die niewinsgewende organisasies sal jou hulpverlening, tyd en donasies verwelkom.

Boonop kan jou hulp aan die gemeenskap jou selfs help om jou eie stres in hierdie moeilike en ongekende tyd beter te hanteer. Navorsing oor geestesgesondheid bewys keer op keer dat deur uit te reik – al is dit net deur ʼn klein gebaar – help om jou eie gevoel van hulpeloosheid te verlig.

Maroela Media deel graag ʼn lys van projekte en organisasies wat lesers kan ondersteun as hulle voel hulle wil ʼn bydrae maak in hierdie tyd:

Every Nation se omgeepakkies:

ʼn Omgeepakkie bestaan uit blikkieskos, toiletware, kruideniersware (soos langlewemelk, pasta, noedels en rys) asook verkouemiddels. Hierdie omgeepakkies word na mense versprei wat Every Nation gekontak het deur middel van hul Get Help-platform of via hul WhatsApp-nommer. Mense kan betrokke raak by hierdie inisiatief of ʼn donasie maak deur www.everynationtshwane.org te besoek.

Change Makers:

Hierdie Facebook-groep help mense in nood deur in hul behoeftes te probeer voorsien deur middel van donasies of koopbewyse wat deur mense wat op die blad aangesluit het, geskenk word. Kos, medisyne of enige ander addisionele inkopies kan ook by ʼn plaaslike Spar, Checkers, Pick n Pay of Woolworths gelos word en aflewering aan die behoeftige persoon word dan gereël. Persone in spesifieke gebiede word met mekaar in verbinding gebring sonder om hul identiteit bloot te stel. Besoek Change Makers se Facebook-blad om betrokke te raak.

WeCook se We Can-veldtog:

WeCook verkry bestanddele vir voedsame maaltye teen drasties verminderde pryse by voedselverskaffers en versprei dit dan aan We Can-projekte landwyd. Hierdie projekte voed kwesbare gemeenskappe gedurende die afsonderingstydperk. Lede van die publiek kan uit verskeie projekte kies om te ondersteun (soos verpakte maaltye wat gekoop kan word); verskaffers kan aansluit om hul produkte te lys en begunstigde organisasies kan ondersteun word by: www.wecook.co.za

Cathlene van Rensburg se projek:

Cathlene gee elke dag vanaf 13:00 vir 85 gesinne kos. Net een volwassene per gesin neem ʼn houer saam waarin ʼn maaltyd voorsien word. Haar adres is Patriotsingel 14, Elandspoort. Sy bedryf hierdie voedingskema slegs deur gebed en donasies. Haar kontaknommer is 071 160 8586.

Helpende Hand se Houers VOL Hoop:

Helpende Hand wil graag onder gesinne ’n verskil maak, daarom het hulle Houers VOL Hoop geskep. Ondersteuners kan een aankoop teen R350 en sodoende reg gee – hulle kan nood verlig en nie slegs ʼn bietjie kos gee nie, maar ook hoop. Besoek Helpende Hand se webblad om betrokke te raak by hierdie projek.

Ubuntu Beds:

Ubuntu Beds is ʼn inisiatief wat ten doel het om die gasvryheidsbedryf (wat nou swaar in die afsonderingstydperk getref is) en die mediese bedryf te verenig. Hotelle, gastehuise asook bed-en-ontbyt-ondernemings kan ’n veilige hawe wees vir dokters en verpleegsters wat nie ná lang skofte terug huis toe wil reis nie. Vir meer inligting besoek www.ubuntu.org of luister na Simoné van Binnelanders se boodskap op Instagram.

Potchefstroom se sakekamer:

Potchefstroom se sakekamer maak tans kos saam met CFAM (Centre for Advanced Manufacturing) om die honger gemeenskap te bedien. Skenkings stroom in van alle oorde en hulle maak ‘n verskil. Die sakekamer het onlangs bykans 15 ton kitspap geproduseer en versprei dit nou aan duisende mense in nood. Kontak Johann Holm per e-pos by [email protected] of skakel hom by 083 453 4314 vir meer inligting oor dié projek.

Jacaranda FM se projekte:

Op 30 Maart 2020 het Rian van Heerden en sy span die #ScenicDriveMasks-projek van stapel gestuur waartydens luisteraars gevra is om gesigsmaskers te skenk vir mediese personeel wat tans teen Covid-19 veg. Bykans 5 000 maskers is reeds ingesamel en versprei. Volg #ScenicDriveMasks, luister na Jacaranda FM by www.jacarandafm.com, of via die Jacaranda FM-app, wat op IOS en Android is, of op DStv-kanaal 158 om meer uit te vind oor soortgelyke projekte wat dié radiostasie aanpak.

Middelburg se VLU maak ʼn verskil met maskers:

Die vroue van die Vroue Landbou-unie (VLU) in Middelburg, Mpumalanga is besig om 300 maskers te maak vir die Middelburg-hospitaal se personeel en pasiënte. In Groblersdal is 200 maskers alreeds versprei en in Nelspruit is vroue net so besig om maskers te maak wat versprei sal word na beskermingsdienste en noodhulpwerkers. Lees meer van hierdie projek op die Middelburg Observer.

Mense wat betrokke wil raak by die projek, kan Cindy Coetzee, president van die VLU Mpumalanga, bel of ʼn WhatsApp stuur na 082 770 7747.

Die ‘Want geel beteken deel’-veldtog:

Terapeute by Belvedere, ’n spesiale skool in Benoni, wat aanvanklik ʼn beroep op die gemeenskap gedoen het vir hulp met kos vir hul skool se voedingskema, het uitgebrei na ʼn landwye veldtog waar mense aangemoedig word om ʼn geel lint teen hul muur of heining te hang as hul in nood is met ʼn kontaknommer sodat iemand dit kan opvolg of ʼn kospakkie daar kan los. Vir meer inligting oor dié projek, skakel Annette Nel by 071 395 7234 of 082 090 1323

PE FM

Hierdie radiostasie gee gratis lugtyd aan niewinsgewende organisasies wat wil adverteer en het ook advertensies wat inligting verskaf oor waar mense wat kos benodig, hulp kan kry of waar skenkings gemaak kan word. Kontak Tharina Strauss deur ʼn e-pos aan [email protected] te stuur vir meer inligting.

Spar en die Good Things Guy:

Die kettingwinkelgroep, Spar, het besluit om die #SparDonate-projek van stapel stuur wat behels dat trollies buite elke winkel geplaas sal word waarin ʼn halfdosyn eiers, 1 kg mieliemeel en 1 liter melk geskenk word. Brent Lindeque, bekend as die Good Things Guy, het die projek begin as ʼn teenvoeter met ʼn goeie doel vir die aanlyn uitdaging wat mense uitdaag om rou eiers te sluk in die #EggChallenge. Die donasies sal aan mense in nood versprei word.

Cans with Purpose:

Hierdie inisiatief voed kinders wat met die afsonderingsmaatreëls nie meer by die skole kon kos kry nie. Tot op hede is R350 000 ingesamel en die doelwit is R1 miljoen teen die einde van die tydperk. Vir meer inligting besoek: www.canswithpurpose.co.za

Noordwes-Universiteit se rampverligtingskomitee:

’n Rampverligtingskomitee is onlangs gestig om hulp te verleen aan sowat 13 000 huishoudings in die Potchefstroom-gebied. Jare se navorsing en ontwikkeling van uitpersingstegnologie aan die NWU het uitgeloop op die geboorte van ’n newemaatskappy, CFAM Technologies, wat spesialiseer in die vervaardiging van uitpersers. CFAM het die afgelope week met die hulp van vrywilligers en die sakegemeenskap 300 000 droëpapmaaltye geproduseer, maar hul doelwit is om hierdie produksie tot 100 000 maaltye per dag te vermeerder. Lees meer oor die projek op die NWU se webblad.

Centurion Hospice en die Friends of the Needy-fonds:

Die Centurion Hospice het 1 ton klere geskenk wat deur die Friends of the Needy Fund, ʼn niewinsgewende organisasie, in Eersterust versprei gaan word. Die gemeenskap gaan gebuk onder geweldige armoede gedurende die afsonderingstydperk en mense word aangemoedig om ook donasies te maak. Stuur ʼn e-pos aan Yolanda Barnard-Lemmer by [email protected] vir meer inligting oor die projek.

Go Purple-stigting:

Die Go Purple Stigting is ʼn organisasie van Vanderbijlpark wat vroue en mans ná verkragting en seksuele mishandeling bystaan. Hulle kon meer as 500 families van kospakkies voorsien ná ʼn geldinsamelingsveldtog in samewerking met Rudi Claase en #yellow4food.

Waterberg Stereo se Modimolle Food Drive:

Skenkings stroom in en daar is al meer as 400 kruidenierswarepakkies by behoeftige mense in Thabazimbi afgegee. Die gemeenskapsradiostasie gee ook elke oggend om 09:30 ongeveer vyf minute se lugtyd aan dié projek waar hulle dan oor die radio die gemeenskap op hoogte van sake hou. Besoek Waterberg Stereo se webblad vir meer inligting.

SDI Force Covid-19 inisiatief:

Hierdie inisiatief is deur Brad Fisher en Andile Ramaphosa van stapel gestuur om informele afvalherwinnaars, karwagte en hawelose mense in Johannesburg tydens die afsonderingstydperk van kospakkies te voorsien. ʼn Dringende beroep word op sakeondernemings gedoen vir donasies ten einde die SDI Force-projek te kan voortsit. Besoek www.unityvalues.com/sdi

Kaapse Kansel se vars groente-projek:

Hierdie radiostasie lewer weekliks aan ’n paar aftreeoorde asook aan die Nagskuiling vir Haweloses in Napierstraat in Kaapstad se sentrale sakegebied vars groente. Besoek Kaapse Kansel se webblad of Facebook-blad vir meer inligting en hul projekte.

Dare 2 Love se noodsaaklike kospakkies:

Baie mense in Eersterust-gemeenskap in die ooste van Pretoria het ʼn kosnood. Jy kan een gesin van vier mense teen R115 vir ʼn week help met voedsel. Koop die Dare 2 Love Essential Food Hamper direk op KOSonline.co.za

“For Good” -veldtog:

Hierdie webblad verbind mense met goeddoenveldtogte. Kies tussen aanlyn vrywillige hulp of aanlyn aankope gedurende die afsonderingstydperk of maak by ʼn donasie by www.forgood.co.za.

TEARS Animal Rescue:

Laeinkomstegroepe vind dit in hierdie tydperk van algehele afsondering moeilik om hul troeteldiere te voer. Tears help met die skenking van oortollige troeteldierkos en die verspreiding daarvan na gemeenskappe in die hele Kaapstad-gebied waar dit die meeste benodig word. Besoek TEARS Animal Rescue se webblad.

Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom:

Die Abraham Kriel Kinderhuis (AKK) Nylstroom stel ʼn Kindernoodfonds bekend om die moeilike omstandighede waarin die kinderhuis verkeer, te verlig. Lees meer oor dié noodfonds op Maroela Media. Rig enige navrae aan Gerda van der Merwe by 082 410 2635 en e-pos: [email protected] of Marlene de Villiers by 065 891 6616 en e-pos [email protected]

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV):

Soek jy na jou naaste DBV-tak, of wil jy weet by watter projek jy betrokke kan raak? Die DBV werk op nasionale vlak en jy sal meer inligting hier kan kry: Nspca.co.za

Gekookte maaltye en kospakkies vir mense in nood in Ballito, Salt Rock en Sheffield-omgewing:

Wilma Steyn in samewerking met KFC wat hoender skenk, Lali Foods wat kospakkies verpak, The Egg Shop wat eiers skenk en die IPSS-ambulansdiens wat die aflewering anoniem behartig, voorsien tans aan 100 gesinne kos in die afsonderingstydperk. Een vrou se oproep op Facebook het die hele gemeenskap betrokke gekry en sodoende kan baie mense bereik word. Skakel of stuur ʼn boodskap aan Wilma by 082 573 4851.

Kitty and Puppy Haven:

Kitty and Puppy Haven is ʼn diereskuiling in Midrand wat ongelooflike werk met bitter min geld verrig. Die skuiling is heeltemal van donasies afhanklik. Die skuiling se 14 personeellede het hul gesinne “verlaat” en op Kitty and Puppy Haven se perseel ingetrek om na die diere in die afsonderingstydperk om te sien. Die skuiling se donasies het opgedroog en ervaar nou ʼn finansiële verknorsing. Besoek Kitty and Puppy Haven se Facebook-blad om uit te vind hoe jy kan help of stuur ʼn e-pos na [email protected].

Kouga FM:

Dié radiostasie het saam met ʼn weldoener, Frederick Holland, sowat 60 voedselpakkies in die Humansdorp-omgewing versprei. Holland het sy voertuie beskikbaar gemaak vir die verspreiders en Kouga FM het gehelp om begunstigdes vir die projek te identifiseer.

Teaterbystandfonds:

Die Teaterbystandfonds (TBF) het ʼn projek begin om geld in te samel om voedsel te voorsien aan kunstenaars wat in desperate nood verkeer. Die meeste kunstenaars sal vir maande lank nie ʼn inkomste kan verdien nie, selfs ná die pandemie verby is. Kunstenaars moet ʼn aansoekvorm invul en indien hulp goedgekeur word, sal die bewys direk na hul telefoon gestuur word sodat hulle kos kan gaan koop. Suid-Afrikaners wat die fonds wil ondersteun, kan meer oor die TBF lees hier of besoek sy Facebook-blad. Lees ook meer oor die TBF op Maroela Media.

Woodrock Animal Rescue:

Woodrock Animal Rescue is ʼn pro-lewe niewinsgewende diereskuiling in Centurion. Die organisasie se grootste uitdaging is tans mediese onkostes, maar die skuiling benodig altyd kos. Die organisasie se geldinsamelingsgeleenthede is gekanselleer, daar is ook geen opleidingsgeleenthede nie, maar die reddingswerk en versorging sal nie gestaak word nie. Besoek die webblad om ʼn donasie aan Woodrock te maak of besoek hul webwerf vir meer inligting oor die diereskuiling.

Red Pepper Kids:

Die niewinsgewende organisasie, Red Pepper Kids, versorg tans sowat 150 gesinne per week in die Vereeniging-omgewing. Hulle verskaf kos, klere en alledaagse behoeftes. Besoek www.redpepperkids.co.za vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pierre ·

Sal net donasie gee aan organisasies wat die Wit Christen Boerevolk ondersteun en voed, Boere mense wit volk Julle mense het julle hulp nodig, die goewerment kyk kla alleenlik na net nie blankes so ook alle organisasies met rasistiese BBE belyd, tyd Blankes Saam staan en na hul eie volk omsien as ons nie mekaar help gaan Niemand dit doen een drag maak mag

Johann ·

So Maroela: kan julle dalk vir ons die SWARTBEMAGTIGINGS STATUS van die organisasies gee? Of dalk met wie en waar hulle werksaam is? Sou dink dat dit van toepassing is in ag genome.ons uwe President en sy ANC ministers se uitsluiting van blanke behoeftiges in hierdie tyd? Wats nou weer die gesegde….charity starts AT HOME?

Pierre ·

Waarhied hier, is een organisasies Indigo helping hand wat na onse Christen volk kyk

Eerlik ·

Dankie Maroela Redaksie vir die plasing van Kitty and Puppy Haven.

Cleopatra69 ·

Wittes moet gee, maar word uitgesluit by die kry van enige hulp.

Anoniem ·

In hierdie hele tyd van afsondering het ek nog nooit gesien dat enige Blanke van hierdie kospakkies ontvang nie.

PieterP ·

Ek help eerder een van die diere organisasies as wat my hulp nie na my eie mense toe haan nie. Julle moet skenk maar julle mag nie hulp ontvang nie reken die regering. Dankie, lessies geleer. Each for his own.

Pieter ·

Ongelukkig gaan dit in toekoms nog slegter gaan siende die ANC “wealth tax” wil instel om die “gravy train” weer vol te maak. Die met die regte konneksie gaan weer kan skep, belastinbetalers gaan nog minder hê om uit te deel, en die armste gaan weer die ergste daaronder ly. Gelukkig is niks hiervan die ANC se skuld, of probleem, nie.

Elmarie ·

Dankie, dankie, dankie vir elke vrywillige organisasie/vrywillige helper/skenker – dis vir my wonderlik dat so baie mense omgee. Het hierdie aaklige siekte ons nie iets fantasties geleer – hoe om weer die hand in die sak te steek, hoe om iets – hoe klein ookal te doen nie! Dankie vir die wat help en gee,gee, gee SONDER vra na velkleur, ouderdom, geslag, watookal maar net gee omdat, as mens nog drie maal per dag kan eet dit is wat mens doen. Omdat jy WIL en omdat jy KAN.

Elmarie ·

Het ook nie genoem DANKIE aan MAroela wat altyd ietsie plaas van iemand of organisasie wat sukkel en ons daavan bewus maak. Dankie, dankie, dankie!

Fedup ·

I am sorry, but no. The needy? No, i went through this process. Wish i could have named this so called orginisation. Anyhoo. We take care of our own. No matter what.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.