Weggesteekte skoene na 2 000 jaar gevind

Meer as tweeduisend jaar gelede het iemand sewe skoene in ‘n kruik gesit en dit in die smal spasie tussen twee mure van ‘n tempel weggesteek.

Destyds is Egipte deur heersers van Griekse herkoms regeer, waarvan Cleopatra een was.
Die skoene was twee paar kinderskoene (nommer sewes) wat in ‘n groter skoen geplaas was, en ‘n paar nommer neges van iemand wat mank geloop het.
Die skoene is deftige ingevoerde skoene wat ander mense twee keer sou laat kyk, vermoedelik van beesvel gemaak. Hulle was toe hulle gevind is nog in ‘n puik toestand en heeltemal buigbaar. Na hulle uitgehaal is, het hulle egter heeltemal bros geword en is nou besonder broos.
Die skoene is in 2004 deur Italiaanse argeoloë ontdek. Dit het nou eers aan die lig gekom toe die kenner van Egiptiese skoeisel, André Veldmeijer, toegang tot foto’s gekry het en hy in  die Amerikaanse Journal of the American Research Center in Egipte hieroor geskryf het.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Hoofnuus, Nuus, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae