Weggooibaba: Ma opgespoor

Die ma wie gisteroggend haar pasgebore baba seuntjie in ʼn asblik weggegooi het, is Donderdagmiddag deur die Brooklyn-polisie aangekeer. Dit volg nadat ‘n inwoner die storie in die media gelees en daarop gereageer het.

Die babatjie se lewelose liggaam is Woensdagoggend in ʼn munisipale-asblik in die spogbuurt, Newlands in Pretoria, gekry. Die babatjie was in ʼn swartsak, tussen huishoudelike rommel, in die asblik weggegooi.

Volgens adjudant-offisier Annabelle Middelton, ʼn woordvoerder van die Brooklyn-polisie, is die ma ‘n huishulp wat in die buurt gewerk het. “Daar is bewyse van die geboorte in haar kamer gekry. Sy moet Maandag in Hatfield-gemeenskapshof verskyn. Sy gaan van moord en verberging van geboorte aangekla word,” het Middelton aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.