Weiering om aan sensus deel te neem kan lei tot boete, tronkstraf: SSA

Statistiek Suid-Afrika (SSA) sê mense wat weier om deel te neem aan die landwye Sensus kan tronkstraf ontvang of ʼn boete van nagenoeg R10 000 opgelê word.

ʼn Woordvoerder van SSA, Trevor Oosterwyk, sê hy kan nie verstaan hoekom mense weier om aan die Sensus deel te neem nie aangesien dit elke persoon se plig as landsburger is om deel te neem. “Volgens die wet kan ons mense beboet of selfs tronk toe stuur indien hulle weier om deel te neem”. Oosterwyk sê ʼn gemeenskap van Moutse in Limpopo het die week geweier om aan die Sensus deel te neem. Niemand is in hegtenis geneem nie en die saak is opgelos. Oosterwyk het mense egter gewaarsku om versigtig te wees oor wie hulle in hul huise toelaat. “Daar is gevalle in feitlik elke provinsie aangemeld van mense wat hulle as Sensus-werkers voordoen”. Oosterwyk het benadruk dat mense moet seker maak dat die Sensus-beampte sy ID-dokument by hom of haar het. Die eerste fase van die Sensus kom op 31 Oktober tot ʼn einde. Oosterwyk sê in die daaropvolgende twee weke sal beamptes seker maak dat almal getel is.

Lees ook Nuuskommentaar: Dreigemente sal sensus nie laat vlot

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.