ʼn Mynwerker is Woensdag in ʼn rotsstorting by Harmony Gold se Masimong-myn naby Welkom in die Vrystaat dood.
Die mynbestuur het Donderdag in ʼn verklaring gesê alle bedrywighede by die myn is gestaak en dat die oorsaak van die ongeluk ondersoek word.
“Graham Briggs, Harmony se hoof uitvoerende beampte, asook die mynbestuur, betuig hul innige simpatie en meegevoel aan die oorledene se familie, vriende en kollegas,” het die mynbestuur gesê.
Die naam van die werker is nog nie bekend gemaak nie.