Welkom-polisie op soek na vier mans

boeie 2Die polisie in Welkom het Donderdag ʼn beroep gedoen op die publiek om hulle by te staan in hul soektog na vier mans in verband met ʼn kaping en diefstal.

“Die polisie versoek enigiemand met inligting om na vore te kom sodat die skuldiges aan die pen kan ry,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die rooftog het in Februarie in Hennenman naby Welkom plaasgevind. Die vier mans het ʼn sakeman gekaap en sy selfoon gesteel voordat hulle gevlug het.

Die polisie het die mans agternagesit, maar hulle het ná ʼn skietgeveg gevlug.

Thakeng sê die polisie sukkel om die mans op te spoor. “Ons het tot dusver nog geen leidraad oor waar die mans hulleself bevind nie en ons versoek die publiek om ons hiermee te help.”
Enigiemand met meer inligting oor die diefstal of die verdagtes word versoek om met die polisie in Welkom in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.