Wen met jóú Afrikaanse storie

Maroela Media logoHierdie kompetisie is gesluit: Maroela Media het onlangs ‘n gespreksgeleentheid in die Kaap gehou waartydens Afrikaanssprekers van oraloor die land hul stories kom vertel het: Wie is ek? Hoe praat ek Afrikaans? Wat is my storie, en hoe het Afrikaans my identiteit help vorm?

Ons wil sulke stories van regoor die land opteken. Jy hoef nie ‘n professionele storieverteller of ‘n bekende persoon te wees nie. Jy moet net Afrikaans praat en lief wees daarvoor. Kom voeg jou stem by dié van  Diko van Zyl van die Sandveld, oom Poem Mooney van die Karoo en Florence Anne Filton van Namakwaland. Kom vertel ons wie jy is en hoe Afrikaans deur jou are vloei.

In September, Oktober en November vanjaar staan een persoon per maand die kans om ʼn kontantprys van R2 000 vir sy of haar storie te wen. Indien ons genoeg goeie bydraes ontvang, sal die beste bydraes in ʼn boek- en CD-formaat opgeneem word.

Hoe neem ek deel?

  • Skryf vir ons: Stuur jou storie per e-pos na [email protected] met die titel “My Afrikaanse storie” in die onderwerpveld. Of:
  • Neem jou storie op: Ons wil graag hoor hóé jy Afrikaans praat. Neem jou storie op, met video of net klank, sommer met jou selfoon of in ʼn ander digitale formaat. Stuur dit dan na [email protected] met die titel “My Afrikaanse storie” in die onderwerpveld.

Kliek hier om die artikel oor die gesprek oor Afrikaans op 18 Augustus te lees en te hoor wat van die sprekers gesê het. Besoek ook Die Groot Debat om ander bydraers se stories te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.