‘Wending’ in Leigh Matthews-moord

Leigh Matthews

ʼn Man, geïdentifiseer as Silvanus, is moontlik die vermiste skakel in die oplossing van die moord op die Johannesburgse-student, Leigh Matthews.

Volgens die teenmisdaadnetwerk eBlockwatch, het hulle bewus geword van Silvanus deur ʼn anonieme bron wat moontlik inligting het oor die moord op Matthews (21). Die stigter van eBlockwatch, Andre Snyman, sê die bron wil moontlik sy gewete sus. “Ons weet nie wie hy is nie, maar is oortuig daarvan dat hy eg is en hy het beloof om vir ons meer inligting te gee. Vir al wat ons weet, kan dit Silvanus self wees met wie ons praat.” Matthews is op 9 Julie 2004 van die Bond-universiteit in Sandton ontvoer. Haar ontvoerder het ʼn losprys geëis van haar pa, wat dieselfde dag R50 000 langs ʼn hoofweg in Johannesburg afgelaai het. Matthews se naakte liggaam is sowat elf dae later in die lang gras in Walkerville Manor in Johannesburg gevind is Donovan Moodley is maande na Matthews se moord in hegtenis geneem en is in 2005 skuldig bevind aan haar ontvoering en moord. Hy is lewenslank tronkstraf opgelê vir die moord, 15 jaar vir die ontvoering en 10 jaar vir afpersing. Moodley se aansoek om ʼn herverhoor is in Februarie in die hooggeregshof in Johannesburg afgekeur. Daar is wel toegegee dat Moodley moontlik medepligtiges gehad het.

Enigiemand met inligting oor die nuutste verwikkelinge in die saak kan Andre Snyman kontak by 082 561 1065 of die webwerf www.eblockwatch.co.za besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.