Wending in “regse komplot”-saak

Die staat het Donderdag alle aanklagte teen Louis Lategan (31) in die Bloemfontein-landdroshof teruggetrek.

Lategan is verlede week in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn komplot wat glo behels het dat hooggeplaastes tydens die ANC se Mangaung-konferensie uitgewis sou word. Lategan is aangekla van hoogverraad en sameswering om terreurverwante dade te pleeg. Die staat het egter vandag die aanklagte teen Lategan teruggetrek toe hy vlugtig in die hof verskyn het. Die staat het geen redes aangevoer vir die terugtrek van die aanklagte nie.

Martin Keevy, Mark Trollip, Johan Prinsloo en Hein Boonzaaier is op 16 Desember in hegtenis geneem vir die beweerde komplot. Boonzaaier is vroeër op borgtog van R80 000 vrygelaat terwyl die ander drie mans borg geweier is. Hulle sal weer op 25 Maart in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.