Wenke oor kunsroof ontvang

Irma Stern se “Fishing boats” is een van die skilderye wat gesteel is.

Crime Line het Maandag gesê dat hy inligting ontvang het oor die multimiljoenrandse kunsroof wat Sondag in die Pretoria Kunsmuseum plaasgevind het.

Dié inligting word nou deur die polisie ondersoek, berig EWN. Drie mans het werknemers Sondag met ʼn vuurwapen aangehou voordat hulle vyf skilderye ter waarde van R17 miljoen gebuit het. Volgens Crime Line het hy verskeie wenke ontvang wat reeds aan die polisie deurgegee is.

Die ondersoek is ʼn knou toegedien toe dit aan die lig gekom het dat die kringtelevisiekameras sedert Donderdag buite werking was. Pieter de Necker, woordvoerder vir die burgemeester van Tshwane, het gesê die ondersoek sal bepaal waarom die sekuriteitskameras nie gewerk het nie. Hy sê Interpol is ook van die diefstal in kennis gestel.

Lees ook:
Pretoria Kunsmuseum beroof
Kunsroof fyn beplan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.