Wenner ontsteld oor Oscar se uitlatings

Pistorius tydens Saterdag se uitdunne. Foto: @London2012

Die gouemedaljewenner in die 200m (klas T43-44), Alan Oliveira, sê hy was ontsteld nadat hy Oscar Pistorius sê uitlatings gehoor het oor sy prostese.

Pistorius het tweede geëindig in die 200m en het na afloop van die item sy kommer uitgespreek oor die langer prosteses wat deur Oliveira en ander atlete gebruik word. Pistorius het Saterdagaand eerste geëindig in die 200m (klas T43) uitdun in ʼn wêreldrekordtyd en daar is verwag dat hy maklik die goue medalje sou wen in die finaal. Oliveira sê dit gaan egter nie net oor sy prostese nie en dat hy hard geoefen het om die prestasie te bereik. “Ek raak ontsteld om die tipe uitlatings te hoor. Ek tree binne die reels op en ek het hiernatoe gekom om te vier en nie om by polemiek betrokke te raak nie. Hy is nie ʼn slegte verloorder nie. Pistorius is ʼn wonderlike atleet. Ek is net hartseer dat hy gesê het my prostese is te lank. Hy is omgekrap deur my tyd in die uitdunne en wou my terugkry met sy polemiek oor die prostese maar dit het nie gewerk nie. Ek weet nie met wie probeer hy in ʼn geveg betrokke raak nie. Dis nie met my nie.” Oliveira sê hy is teleurgesteld aangesien hy nog altyd vir Pistorius bewonder het. Pistorius het gister om verskoning gevra vir sy uitlatings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.