Suid-Afrika se eerste swart Idol is gisteraand by die Mosaïek-teatro in Fairlands, Johannesburg aangewys.
Die Burger berig dat Khaya Mthethwa (25) van Durban stof in die oë geskop het van Melissa Allison (23) van Port Elizabeth om as die wenner van seisoen agt weg te stap. Volgens die berig is drie miljoen stemme uitgebring sedert die stemlyne Sondagaand geopen het en Maandagaand om 22:00 gesluit het. Die finaliste het Vrydagaand elk drie liedjies gesing, waaronder hul onderskeie wenliedjie. Mthethwa het die gehoor en sy ondersteuners bedank.
Lees meer hier.