Die 2012 ATKV-Mediaveertjies is Vrydagaand tydens ʼn gala-geleentheid by Vodaworld in Midrand toegeken.
Die ATKV-Mediaveertjies is die mees gesaghebbende Afrikaanse mediatoekennings. Die wenner van elke kategorie het ʼn trofee en R3 500 prysgeld ontvang.
Hiermee die wenners:
RADIOPRYSE
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram
Wenner: Iris Bester – Leeskring: Breyten Breytenbach – RSG
Beste insetsel in ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram
Wenner: Ettienne Ludick – RSG Sport: Jimmy Abbott & Tienie Halgryn – RSG
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of dieptenuusprogram
Wenner: Lynette Francis – Praat Saam: Julius Malema – RSG
Beste insetsel in ’n nuus- of dieptenuusprogram
Wenner: Suna Venter – Monitor: Mitchellsplein – RSG
Beste vermaaklikheids- of joernaalprogram
Wenner: Martelize Brink – Oggend op RSG – RSG
Beste nuus- of dieptenuusprogram
Wenner: Lynette Francis – Praat Saam: David Kramer – RSG
Beste dokumentêre program of programreeks
Wenner: Iris Bester – Adam Small – RSG
Beste radiodrama of –teater
Wenner: Bettie Kemp – Die woonkamer – RSG
Die toekenning vir gunsteling-radiopersoonlikheid, wat deur die publiek aangewys is, is aan Ettienne Ludick op RSG toegeken.
PRYSE VIR GEDRUKTE/ELEKTRONIESE MEDIA
KOERANTE
In-diepte artikels/Ondersoekende joernalistiek
Wenner: Jackie Pienaar-Brink – Kaapstad se Somalië – By: Media24
Beste persoonlikheidsprofiel
Wenner: Willemien Brümmer – Die vrou wat al lánkal leef – By: Media24
Kunstejoernalistiek
Wenner: Willemien Brümmer – Jans en sy technicolour droomjas – By: Media24
Beste leefstyl-storie
Wenner: Ilza Roggeband – Beter as ’n Marie-beskuitjie – By: Media24
Essayis, rubriekskrywer of blogger van die jaar
Wenner: Dana Snyman – Die verhaal van Rooikappie in sms-taal – Beeld en Die Burger
Beste streekskoerant
Wenner: Vista – Redakteur: Marti Will
TYDSKRIFTE
In-diepte artikels/Ondersoekende joernalistiek
Wenner: Salomé Delport – Ritalin se nuwe (onwettige) gebruike – Rooi Rose
Beste persoonlikheidsprofiel
Wenner: Dana Snyman – Koebaai, Franz Kemp – Huisgenoot
Kunstejoernalistiek
Wenner: Pieter van Zyl – Op soek na Ingrid – Huisgenoot Tempo
Beste leefstyl-storie
Wenner: Maretta Bellingan – Vely, vely nice! – Vrouekeur
Essayis, rubriekskrywer of blogger van die jaar
Wenner: Sophia van Taak – Boney M en die langpad … – WegSleep
‘n Spesiale toekenning is aan Thys Odendaal as kunstejoernalis oorhandig.
TELEVISIEPRYSE
VERHALENDE GENRES
Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama
Wenner: Henriëtta Gryffenberg, Justine Loots en Hélène Truter – Erfsondes 5
Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama
Wenner: Peter Heaney – Erfsondes 5
Beste dramareeks of enkeldrama
Wenner: Erfsondes 5 – Imani Media
Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama
Wenner: Marko van der Colf – Vallei van sluiers II
Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama
Wenner: Brümilda van Rensburg – Hartland
Beste akteur in ’n sepie
Wenner: Lieb Bester – Villa Rosa
Beste aktrise in ’n sepie
Wenner: Nadia Valvekens – Binneland
AKTUELE GENRES
Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n gesels- of joernaalprogram
Wenner: Coenie de Villiers – Kwêla
Beste insetsel in ’n gesels- of joernaalprogram
Wenner: Alizia Linden – Ellen Pakkies – Kwêla
Beste gesels- of joernaalprogram
Wenner: Pieter Cilliers & Marié Minnaar – Kwêla
Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Wenner: Freek Robinson – Robinson Regstreeks
Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Wenner: Karin d’Orville – Met helende harte en hande – Fokus
Beste nuus- of aktualiteitsprogram
Wenner: Karin d’Orville – As die Karoo kraak – Fokus
Beste nuusleser
Wenner: Genée Heyl – eNuus
Beste dokumentêre program of programreeks
Wenner: André Calitz, Hanné Koster & Esté de Klerk – Coenie de Villiers: Hart van glas
Beste vermaaklikheidsprogram
Wenner: Jaco Loubser – Jou show met Emo & Wicus
Beste leefstylprogram
Wenner: Jaco Loubser – Roer: Zak & Magda
Die toekenning vir gunsteling sepie, wat deur die publiek aangewys is, is aan Binneland toegeken.