‘n Sonkragsentrale wat 140 000 huishoudings van skoon energie kan voorsien, is in die Kaliforniese Mojave-woestyn in bedryf gestel. Dit beslaan 140 hektaar.
Die Ivanpah-sentrale werk nie met fotovoltiese selle nie, maar rekenaarbeheerde spieëls weerkaats gekonsentreerde lig op ‘n stoomketel wat die krag opwek.
Die hoeveelheid skoon energie wat opgewek word, is gelykstaande aan die hoeveelheid energie wat deur 72 000 gesinsmotors met koolstofbesoedeling opgewek word.
Die projek is deels deur die beleggingsarm van Google en die Amerikaanse regering gefinansier.
Omgewingskundiges is beswaard oor ‘n honderd skaars woestynskilpaaie wat vir die bou van die sentrale hervestig moes word.
Bronne: GreenTech Media, Trouw