Die laaste telegram sal volgende maand gestuur word.
Vyfduisend telegramme word steeds daagliks in Indië gestuur, maar dit kom alles op 13 Julie tot ‘n einde wanneer die land se staatsbeheerde telekom-maatskappy, BSNL, sy laaste telegraafdiens sal bied, het USA Today berig.
Indiërs het in 1985 60 miljoen telegramme per jaar gestuur, maar met die opkoms van selfone en slimfone het BSNL aangedui dat hy sowat $23 miljoen (ongeveer R230 miljoen) per jaar verloor om dié diens te bied. Sekere gebruikers glo egter dat die telegram steeds ‘n noodsaaklike rol speel. “Ek is ‘n gereelde gebruiker van telegramme en dit is ‘n belangrike instrument vir aktiviste,” het AP Tripathi gesê. “’n Telegram aan ‘n hof om hulle in kennis te stel dat ‘n burger onwettig deur die polisie aangehou word, word as ‘n geskrewe petisie beskou.” Tripathi is só passievol oor telegramme, dat hy gedreig het om op ‘n Gandhise vas te gaan totdat die besluit teruggetrek word. Hy het die regering, per telegram, van sy voornemens in kennis gestel.
Ek het gedog dit het saam met die slingertelefoon gevrek.