Die wêreld se oudste flamink het by die dieretuin in Adelaide in Australië gesterf. Die flamink was 83 jaar oud.
Die flamink, genaamd “Greater”, is Donderdag van kant gemaak weens komplikasies wat verband hou met ouderdom. Hy het in 1933 by die dieretuin aangekom.
Greater word oorleef deur sy vriend Chilly, ʼn flamink van Chile, wat nou in sy 60s is. Personeel sal Chilly se gedrag monitor om te bepaal hoe hy op sy vriend se afsterwe reageer.
“Alhoewel dit ʼn geweldige verlies is, was dit die regte ding om te doen,” het Elaine Bensted, hoof uitvoerende beampte van die dieretuin, gesê. “Daar was geen bykomende mediese behandeling wat Greater se lewensgehalte kon verbeter nie.”
Flaminke se lewensduur is ongeveer 25 jaar in hul natuurlike habitat. -SAPA
Rus in vrede ou maat. Hier in Suid Afrika sou jy moontlik op die ouderdom van 3 jaar in n ysterpot beland het.