Wêreld se oudste moordsaak nog nie opgelos nie

Nir Distenfeld van Israel se gesagsowerheid vir oudhede besoek die “moordtoneel.”

In wat moontlik die oudste “moordsaak” ter wêreld is, krap Israelse argeoloë nou kop oor wie agter die dood van 19-jarige vrou en ‘n ouer man sit.

Hul oorskot is onderin ‘n droë put gevind saam met wapens wat dateer uit die tyd waarin hulle geleef het. Die vermeende moordenaars sal egter nie aangekla kan word nie, want die moorde is sowat 8 500 jaar gelede gepleeg. Al wat die wetenskaplikes vir seker weet, is dat die put in Israel se Galileastreek weens die besoedeling deur die lyke daarna nie weer gebruik is om water te kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.